Akkadiese Ryk

𒆳𒌵𒆠
māt Akkadi (Akkadies)
𒀀𒂵𒉈𒆠
a-ga-de3KI (Sumeries)

Akkadiese Ryk
2334 v.C. – 2154 v.C.
Ligging of Akkad
Ligging of Akkad
Kaart van die Akkadiese Ryk.
Hoofstad Akkad
Taal/Tale Akkadies
Regering Monargie
Koning
 - 2334–2279 v.C. Sargon (eerste)
 - 2170–2154 v.C. Shu-turul (laaste)
Historiese tydperk Akkadiese tydperk
 - Stigting 2334 v.C.
 - Ontbinding 2154 v.C.
Vandag deel van Vlag van Irak Irak
Vlag van Iran Iran
Vlag van Sirië Sirië
Vlag van Turkye Turkye
’n Bronskopbeeld van ’n Akkadiese heerser wat in 1931 in Nineve ontdek is, van óf Sargon óf sy kleinseun Naram-Sin (’n kopie in die Roemer- und Pelizaeus-Museum Hildesheim).

Die Akkadiese Ryk [nota 1] was die eerste antieke ryk van Mesopotamië, naas die langdurige beskawing van Sumer. Dit was om die stad Akkad (Sumeries: Agade) en die omringende gebied gesentreer. Die hele gebied was in antieke Mesopotamië as Akkad bekend. Die ryk het al die inheemse Akkadiessprekende Semiete en die Sumeriessprekendes onder een bewind verenig.

Die Akkadiese Ryk het oor Mesopotamië, die Levant en Anatolië regeer[1] en militêre ekspedisies so ver suid as Dilmun en Magan (die moderne Bahrein en Oman) op die Arabiese Skiereiland gestuur.[1]

In die 3de millennium v.C. het ’n kulturele simbiose tussen die Sumeriërs en Akkadiërs ontwikkel wat wydverspreide tweetaligheid ingesluit het.[2] Akkadies, ’n Oos-Semitiese taal,[3] het Sumeries tussen die 3de en 2de millennium v.C. geleidelik as spreektaal vervang (die presiese datum word betwis).[4]

Die Akkadiese Ryk het sy politieke hoogtepunt tussen die 24ste en 22ste eeu v.C. bereik ná die verowerings deur sy stigter, Sargon van Akkad. Onder hom en sy opvolgers is Akkadies kortliks aan verowerde buurstate soos Elam en Goetium opgelê. Akkad word soms beskryf as die eerste ryk ter wêreld, hoewel die term "ryk" nie presies gedefinieer is nie en daar vroeëre Sumeriese aanspraakmakers was.[5]

Ná die val van die Akkadiese Ryk het die mense van Mesopotamië eindelik in twee belangrike Akkadiessprekende nasies versmelt: Assirië in die noorde en, ’n paar eeue later, Babilonië in die suide.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found

  1. 1,0 1,1 Mish, Frederick C., Editor in Chief. "Akkad" Webster’s Ninth New Collegiate Dictionary. ninth ed. Springfield, MA: Merriam-Webster 1985. ISBN 0-87779-508-8).
  2. Deutscher, Guy (2007). Syntactic Change in Akkadian: The Evolution of Sentential Complementation. Oxford University Press. pp. 20–21. ISBN 978-0-19-953222-3.
  3. Hasselbach, Rebecca (2005). Sargonic Akkadian: A Historical and Comparative Study of the Syllabic Texts (in Engels). Otto Harrassowitz Verlag. p. 2. ISBN 9783447051729.
  4. Woods, C. (2006). "Bilingualism, Scribal Learning, and the Death of Sumerian" (PDF). S.L. Sanders (red.) Margins of Writing, Origins of Culture: 91–120. Chicago. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 29 April 2013. Besoek op 2 Maart 2021.
  5. F Leo Oppenhiem – Ancient Mesopotamia

Developed by StudentB